Jesus Hou My By Die Kruis

 


1. Jesus, hou my by u kruis,
Waar die heilfonteine
Vry met lewenswater ruis,
Helend smart en pyne.


Koor:
By die kruis, by die kruis
Sal ek Jesus lowe,
Totdat eens my lied verrys
Ewiglik daarbowe.


2. By die kruis, met skuld besmet,
Het ek eens gebewe;
Daar het hy my siel gered,
My geskenk sy lewe.


3. Deur u kruis, o lam geslag,
Ryklik begenadig.
Sal ek wandel dag na dag,
Deur geen leed beskadig.


4. By die kruis neem ek my stand,
Wagtend met vertroue
Tot geloof aan gindse strand
Oorgaan in aanskoue.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *