Gaan My Nie Verby, o Heiland

 


1. Gaan my nie verby, o heiland,
Gaan my nie verby!
Wyl u ander seën, heiland,
Seën nou ook my!


Koor:
Jesus heiland, wees my nou naby,
Wyl u ander seën, heiland,
Seën nou ook my!


2. Voor u troon gekniel, o heiland,
Bid ek in geloof;
Hoor my sugte en gebede,
Ondanks swak geloof!


3. Op u soenbloed pleit ek, heiland
Wees my hulp en steun!
Wees my voorspraak en my midd’laar,
Hoor my, o gods seun!


4. U skenk lig en vreugde, heiland,
U, my troos geheel;
In die hemel en op aarde
Bly u steeds my deel!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *