Die Ou Ruwe Kruis

 


Op ‘n heuwel daar ver staan ‘n ou ruwe kruis,
‘n Teken van skande en pyn;
Ek bemin die ou kruis, waar Gods dierbare Seun,
Vir ‘n wêreld van sonde moes ly


Refrein:
Ek bemin daardie ou ruwe kruis,
Tot ek voor Hom my skatte vertoon,
Ja ek klem aan die ou ruwe kruis,
En verruil dit eendag vir ‘n kroon.


O, die ou ruwe kruis, deur die wêreld versmaad,
Laat ‘n wonderbaar trek vir my naam;
Want die dierbare Lam het die hemel verlaat,
En Hy dra dit tot op Golgota.


In die ou ruwe kruis, so vol heilige bloed,
Is ‘n heerlik vooruitsig vir my;
Want aan daardie ou kruis, smaak my Heiland die dood,
Om vir my van my skuld te bevry.


Aan die ou ruwe kruis, bly ek altyd getrou,
Sy skande bring blydskap vir my;
Tot Hy my eendag roep, na my huis wat Hy bou,
Om vir ewig by Hom te kan bly.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *