‘n Vaste burg is onse God

 


‘n vaste burg is onse god,

Ons skuil in hom, die sterke.

Hy is ‘n vesting in die nood –

Vir ewig staan sy werke.

Al kom die bose aan

In sy oorwinnaarswaan,

Ons weet by al sy lis,

Sy lot is reeds beslis –

God self stel aan hom perke.


Gord ons met eie krag ons aan

Dan is die stryd verlore;

Net een kan satansmag weerstaan,

Deur god daartoe verkore.

Vra u sy naam, so weet

Dat hy die christus heet;

Gaan hy voor in gevaar,

Heer van sy eng’leskaar,

Nooit is die stryd verlore !


Al storm hul ook van elke kant,

Die hel se le~rmagte,

Die een wat sterker is, hou stand,
Hy sterk ons swakke kragte.

Veg met geweld en lis

Die vors van duisternis –

Ons vrees geen dood of hel;

Sy vonnis is gevel,

Ons is sy val te wagte.


Gods woord hou stand in ewigheid,
Geen mag kan dit laat wyk nie !

Beef, satan, god voer hier ons stryd;
Sy trou sal nooit beswyk nie !

Al eis jy dan ons goed,

Ons dierbares, ons bloed:

Dit bring jou geen gewin –

Ons gaan die hemel in,

Jy roof ons nooit gods ryk nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *