Lofsing die Here
1. Lofsing die here, Die ewige, sing tot sy ere!
Lofsing die koning, die skepper,die vader, die here!
Loof almal saam; groot is sy heilige naam!
Loof hom, die heer van die here!
2. Lofsing die here Wat kunstig u liggaam berei het,
Hy is die sterke Wat altyd nog by u gebly het;
wat in gevaar, hoe groot, Hoe dreigend, hoe swaar,
oor u sy vleuels gesprei het!
3. Lofsing die here, dis hy wat u kroon met sy se~n!
Hy skenk die lewe, die wasdom, die sonlig, die re~n!
o sterfling, weet: Hy wat almagtige heet,
Het ons in liefde beje~n.
4. Lofsing die here, ja, almal kom loof nou die here!
alles wat asem het, Hier tot in tydlose sfere!
Hy is die lig; ons oog bly op hom gerig:
Hy is die heer van die here!