Koning Van Konings
In die donker het ons gewag
Sonder hoop sonder lig
Na ons het U gejaag
Met genade in U oë
U vervul die wet en beloftes
Aan ‘n maagd die Woord gebring
Van ‘n troon van eind’lose glorie
Na ‘n krip in ‘n stal.
KOOR:
Prys die Vader Prys die Seun
Prys die Gees drie in een
God van glorie Majesteit
Prys die Koning van konings
Om U koningkryk te onthul
En verlorenes te versoen
Om die skepping te verlos
Het U die kruis verwyt
Want selfs in U lyding
Het U die anderkant gewaar
U’t geweet dis ons verlossing
Heer U sterf vir ons sowaar.
En die oggend toe U ontwaak
Met die Hemel in afwagting
Toe die steen finaal verskuif
Die dood is deur die Lam oorwin
En die dooies staan weer op
Die Eng’le in verwondering
Vir elke siel wat Hom nader
Sal die Vader herstel bring.
Die Kerk van Christus kom tot stand
En die Gees verwek die vlam
Hierdie evangelie-waarheid
Sal nie kniel of vergaan
Deur Sy bloed en in Sy Naam
In Sy vryheid is ek vry
Jesus Christus se liefde
Bring weer lewe binne my.